Suzanne/ November 9, 2015/ News

Sederberg plant werkswinkel in November

EFT Reiki Training South Africa Image
Maak jou eie, natuurlike gesigroom en velsalf met Sederberg plante ‘n Werkswinkel ten bate van Mart-Mari Swart, Clanwilliam

Kom leer iets nuut! Hierdie maand bied ons ‘n demonstrasie klas, waarin u kan leer hoe om jou eie
liggaamsorg produkte te maak, met natuurlike olies en plante wat in die noordelike Sederberg groei.
Stap-vir-stap notas sal verskaf word vir dié wat later by die huis wil probeer. Die oggend sal twee resepte
insluit, naamlik ‘n wondsalf met agtdaegeneesbos en ‘n gesigroom met suurvy, bitter alwyn, rooibos en sandolien.

Daar sal ook ‘n inligtingsessie wees oor party van die hulpvaardige plante wat plaaslik in die veld groei
(en partykeer ook in die tuin), asook ‘n interaktiewe bespreking oor veldkos idees, met die geleentheid
om bietjie te proe!

DATUM: 16 November 2015
TYD: 09:00 tot 12:00
PLEK: Konferensiesaal by Michael’s on Park
KOSTE: R250, sluit in werkswinkel, notas, peuselhappies en tee.

Vir verdere inligting, of om te bespreek, kontak asseblief Gretha Swart op 078 0851572 of tgpwestcoast@mylan.co.za of Tracy du Plessis by tracy@thestorytellers.co.za.

Mart-Mari Swart (Gr. 8, Augsburg) is gekeur as top presteurder om ‘n akademiese toer mee te maak na die UK.
Om hierdie geleentheid moontlik te maak moet voldoende vondse ingesamel word.
Die wins van hierdie werkswinkel sal vir hierdie doel aangewend word.

Share this Post